Volgende Tree:
MY GEBEDSLEWE
Om met God te kan praat – wat 'n wonderlike gedagte! Jou grootste geskenk is die uitnodiging van God dat jy Hom kan ken. En jy kan God al hoe beter leer ken deur met Hom in 'n lewenslange tweegesprek te wees. Dit is die wonder van gebed. Jou gesprek met God, en sy gesprek met jou.
As jy gebed as 'n ritme in jou lewe inbou en daarin volhard sal hierdie gewoonte mettertyd een van die grootste kragte in jou lewe word.
Oor en oor word die pad wat die skrif vir jou geestelike reis aandui 'n pad van gebed genoem, 'n pad waarin gebed nie opsioneel is nie, maar essensieel:
​
Bid sonder ophou. 1 Thes 5:17
In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser... 1 Tim 2:1-3
​
In hierdie afdeling volg leesmateriaal en videos oor gebed.