top of page

Volgende Tree:

MY REIS MET DIE SKRIF

Een van die heel belangrikste geloofsgewoontes of ritmes wat jy as 'n volgeling van Jesus in jou lewe moet inbou, is om die Bybel gereeld te lees. En nie net te lees nie, maar op só 'n manier te lees dat dit jou manier van dink, en ook jou manier van leef begin verander. 

 

Jy kan fisies nie lank oorleef indien jy nie kos eet nie, maar die hele Bybel praat van baie belangriker voedsel, naamlik God se woorde. 

 

Natuurlik praat God op baie maniere met 'n mens, maar sekerlik een van sy grootste geskenke aan ons is die Bybel. 'n Gelowige kan die Bybel so leer lees dat jy inderdaad sal begin ervaar dat God sélf, deur die Skrif, as't ware met jou in gesprek tree.  

Jesus sê jy het hierdie gesprek nodiger as brood:

Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.  Mat 4:4

 

Op hierdie blad gaan jy bronne kry wat jou kan help om te groei op jou reis met die Skrif. 

Eden Plus+

Deel 1 - Meer Info

Preke

My reis met 'n gids

Soms twyfel ek 

Soms twyfel ek 

Bybel-leesplanne
Hierdie leesplanne kan gelees word op die YOUVERSION webtuiste of APP - Kliek HIER om af te laai 
Ander Bronne
bottom of page