top of page

Volgende Tree:

MY BESITTINGS, MY BEURSIE, MY BRON

'n Volgeling van Jesus begeer ook om te groei, ook in die belewenis dat God jou Voorsiener en Bron is, en daar is geen twyfel nie, die Skrif verseker ons oor en oor dat God vir ons ook op finansiële gebied wil voorsien.

 

Jesus se bekende woorde herinner ons dat God vir ons sorg:

 

Mat 6:25-26

Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 

 

Die skrywer van die Hebreërbrief benadruk dit (in die Grieks met 'n drie-dubbele beklemtoning) dat ons ons nie hoef te bekommer dat God ons in die steek sal laat wat ons materiële behoeftes betref nie:

 

Heb 13:5 Amplified Bible

5 Let your character or moral disposition be free from love of money [including greed, avarice, lust, and craving for earthly possessions] and be satisfied with your present [circumstances and with what you have]; for He [God] Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. [I will] not, [I will] not, [I will] not in any degree leave you helpless nor forsake nor let [you] down (relax My hold on you)! [Assuredly not!] 

 

Vrygewigheid word regdeur die Skrif direk gekoppel aan die seën van God op finansiële gebied. Jesus vertel selfs 'n gelykenis van 'n baie suksesvolle sakeman wat suinig was en wat uiteindelik as 'n ryk, maar verlore mens sterf.

 

Jesus maak vrygewigheid egter nie 'n mikpunt nie, maar 'n vertrekpunt vir jou groei in jou verhouding met God. Hy sê dit is een van die eerste toetse vir sy volgelinge. Hy sal nie groter verantwoordelikhede kan toevertrou aan 'n mens wat Hom nog nie gehoorsaam is deur vrygewig te wees nie:

 

Luk 16:10-12 LB

’n Mens wat met onbelangrike dinge vertrou kan word, kan ook in belangrike sake vertrou word. Maar iemand wat oneerlik is in onbelangrike dinge sal in die belangrike sake ook oneerlik wees. As julle dan onbetroubaar was in verband met geld wat so dikwels oneerlik gebruik word, wie sal dan die dinge wat werklik waardevol is aan julle toevertrou? As julle nie vertrou kon word met die goed wat nie julle eie was nie, hoe kan God julle die dinge gee wat Hy vir julle bedoel het? 

 

Dit is 'n wyse mens wat God gehoorsaam in hierdie saak!

 

In hierdie afdeling volg leesmateriaal en videos oor die reis waar 'n gelowige leer om God te vertou vir finansiële voorsiening en om Hom te volg op die pad van vrygewigheid. 

Eden Plus+

Deel 1 - Meer Info

Deel 2 - Meer Info

Preke

WAARVAN HET JY TE MIN?

AFGUNS

Bybel-leesplanne
Hierdie leesplanne kan gelees word op die YOUVERSION webtuiste of APP - Kliek HIER om af te laai 
Ander Bronne
bottom of page