top of page

Volgende Tree:

Jesus nooi sy volgelinge om in sy spore te loop, en hoe anders dan dat jou tree in hierdie spore jou sal neem na mense wat hom nie volg nie. 'n Volgenling van Jesus begeer dat die Here ook in ander mense sal doen wat Hy vir jou gedoen het, en dat jy op 'n manier 'n instrument in sy hand kan wees vir hierdie doel.  

 

Die rede vir Jesus se geboorte, lewe, dood, en opstanding, is om die mensdom wat sonder Hom verlore is te red. Só het Jesus dit self gestel:

 

Luk 19:10

…die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was. 

 

Die bekende evangelis, Billy Graham, het tereg gesê dat die grootste behoefte in die wêreld na die boodskap van redding is, "The central issues of our time aren't economic or political or social, important as these are. The central issues of our time are moral and spiritual in nature, and our calling is to declare Christ's forgiveness and hope and transforming power to a world that does not know him or follow him. May we never forget this."

 

Elke gelowige is 'n geroepene en 'n gestuurde. 'n Groot deel van jou toerusting as gestuurde is jou eie storie. Hoe jy God leer ken het, en hoe Hy besig is om jou lewe heel te maak, is as't ware 'n talent wat Hy aan jou toevertrou waarmee jy kan begin woeker.  'n Volgeling van Jesus gee om vir ongelowige mense, bid vir hulle en vra die Here om jou te gebruik om  'n vriend, 'n stem, en 'n lig te wees.

 

In hierdie afdeling volg leesmateriaal en videos oor hierdie missie.

Eden Plus+

Deel 1 - Meer Info

Preke

My huis is Sy huis, Sy werk my werk 

Roeping Deel 2

Roeping

Roeping Deel 3

Bybel-leesplanne
Hierdie leesplanne kan gelees word op die YOUVERSION webtuiste of APP - Kliek HIER om af te laai 
Ander Bronne
bottom of page