top of page

Volgende Tree:

MY GESIN

'n Mens wat die bande met sy kinders en sy ouers en sy gesin bewaar en koester doen homself 'n guns. 

In 'n ontwikkelde en al-hoe-sneller-ontwikkelende wêreld, voel 'n mens soms dit raak al hoe moeiliker vir ouers en kinders om mekaar te vind. 

 

Vooruitgang en ontwikkeling is nie noodwendig goed of sleg nie, maar dit maak goed en sleg makliker.

 

Ontwikkeling in tegnologie veroorsaak dikwels groot gapings tussen ouers en kinders. Kinders leef in 'n wêreld waarmee hulle ouers nie op datum gebly het nie.

 

Net soos wat ontwikkeling en vooruitgang jou as ouer onbeholpe kan laat voel, so kan dit jou ook weer bevoordeel. Kennis is meer beskikbaar as ooit. So ook kennis van die Skrif. En natuurlik is die raad van die Skrif steeds so relevant as wat dit eeue gelede was. 

 

Ons wens is dat die gesinslewe soos wat onder andere Paulus daaroor praat kenmerkend sal wees van jou gesin:

 

Ef 6:1-4 LB

Vir die kinders wil ek sê: julle moet gehoorsaam wees aan julle ouers. So hoort dit by mense wat aan die Here behoort. In die Skrif staan: “Jy moet respek hê vir jou pa en jou ma.” Dit is die eerste een van die tien gebooie waaroor die Here ’n belofte gemaak het. 3Want Hy het gesê as ’n mens dit doen, sal jy lank lewe en dit sal met jou goed gaan. Die raad wat ek vir ouers wil gee, is dit: moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar voed hulle op soos die Here beveel het—deur hulle te leer wat om te doen en hulle te dissiplineer. 

 

In hierdie afdeling volg leesmateriaal en videos oor verhoudings in gesinsverband.

Eden Plus+

Deel 1 - Meer Info

Preke
coming soon instagram post (Presentation (169)).jpg

Hou die spasie dop

coming soon instagram post (Presentation (169)).jpg

Hou die spasie dop

Bybel-leesplanne
Hierdie leesplanne kan gelees word op die YOUVERSION webtuiste of APP - Kliek HIER om af te laai 
Ander Bronne
bottom of page