top of page

Volgende Tree:

MY REIS SAAM MET DIE GEMEENTE

Dietrich Bonhoefer het gesê, "Let him who cannot be alone beware of community ... Let him who is not in community beware of being alone."

​

Lidmaatskap van 'n gemeente is onlosmaaklik deel van jou volgelingskap van Jesus. 

​

As lidmaat is jy saam met ander op 'n reis van leer, groei, aanbid en omgee. 

​

In die gemeente groei jy in vriendskappe en ander verhoudings soos mentorsverhoudings, gebedsvenootskappe, vennootskappe in bedieninge en in jou ywer om saam met die gemeente ons omgewing te bereik met Christus se liefde.  

​

Die vorige afdelings op hierdie webtuiste:  My groei as unieke mens en  My missie in 'n ongelowige wêreld gaan oor hoe jy met jou unieke gawes in die gemeente kan dien, en ook hoe jy saam met die gemeente kan omgee vir ongelowiges.

 

In hierdie afdeling gaan dit oor jou saamreis met 'n gemeente.  Die Skrif laat nie ruimte vir volgelingskap as net 'n solo reis nie.​​ Gelowiges is saam op 'n reis van liefde en eenheid. 

​

Joh 17:20-21 LB

Dit is nie net vir hulle wat Ek bid nie, maar ook vir almal wat in die toekoms hulle boodskap sal hoor en in My sal glo. Vader, Ek bid dat hulle almal een sal wees, aan mekaar verbind net soos U aan My verbind is en Ek aan U. Laat hulle ook aan Ons verbind wees sodat die ongelowige mense kan glo dat dit U is wat My gestuur het. 

 

1 Joh 4:11–12 OV

11Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. 12Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

​

Kol 3:15 NV

En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. 

​​​

In hierdie afdeling volg leesmateriaal en videos oor saamreis met 'n gemeente in die algemeen. Die afdeling wat volg, My sirkel van vriende, gaan oor nader verhoudings en vriendskappe. 

Eden Plus+

Deel 1 - Meer Info

Preke

DONKERTE WORD LIG

DAAROM IS DITBELANGRIK OM DEEL VA "N GEMEENTE TE WEES

Bybel-leesplanne
Hierdie leesplanne kan gelees word op die YOUVERSION webtuiste of APP - Kliek HIER om af te laai 
Ander Bronne

© 2022 - Eden Gemeente - Volgende Tree

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • Whatsapp
bottom of page