top of page

Volgende Tree:

MY PAD VAN VOLGELINGSKAP EN GROEI

Geloof in Jesus het nie net te doen met idees en oortuigings nie. Nadat ek my geloof in Jesus geplaas het om my te red en te help om heel te word, begin 'n lewe van volgelingskap.

 

Christenskap is die geloof in beide Jesus se lewe en dood. Die Here wat vir jou gesterf het, het ook vir jou geleef. Johannes sê dit is Jesus se lewe wat jou lig is.

 

Geloof is 'n denkwoord en 'n doenwoord. Toe jy Jesus aangeneem het, het jy 'n sekere oortuiging gekry, 'n manier van dink, naamlik dat Jesus jou lewe kan verander, dat Hy jou kan vergewe en jou lewe ewige betekenis kan gee.

 

Met jou eerste oorgawe het jy gekies om God toe te laat om jou deur sy woord en deur sy Gees te help om reg te dink. Hierdie keuse moet jy oor en oor in jou lewe maak.

Hoe meer jy reg dink, hoe meer gee jy ook jou manier van lewe oor om aan te pas by hoe Jesus self geleef het op aarde. 

 

Die twee opdragte van Jesus, “Glo in My” en “Volg my,” kan nooit van mekaar geskei word nie. Só praat die skrif hieroor:

In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. (Joh 1:4)

En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. (Luk 9:23-24)

 

Op hierdie blad kan jy lees en na videos kyk oor volgelingskap en groei.

Eden Plus+

Deel 1 - Meer Info

Preke

Volgende Tree: Vanaf waar jy is

Volgende Tree: Aanhoudend

Jy en jou onderbewussyn

Prostitute in die hemel en priesters in die hel 

Vra die regte vrae

Vra die regte vrae

Jy en jou dissiplines

Hoekom slaan jy die donkie?

Bybel-leesplanne
Hierdie leesplanne kan gelees word op die YOUVERSION webtuiste of APP - Kliek HIER om af te laai 
Ander Bronne
bottom of page