Volgende Tree:
MY GROEI AS UNIEKE MENS
C.S. Lewis het gesê, "Your soul has a curious shape because it is a hollow made to fit a particular swelling in the infinite contours of the divine substance, or a key to unlock one of the doors in the house with many mansions."
Hoe kan jy jou uniekheid uitleef en so jou Godgegewe potensiaal bereik? Jesus sê dat jy hierdie hoër hoogtes van die lewe kan bereik deur later te buig. Om jouself te vind, moet jy jouself weggee:
Mat 23:11-12
Die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
Hy wat die grootste lewe geleef het van alle mense, het dit gedoen deur te dien:
Joh 13:13-15
Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.
As jy die besluit gemaak het om te begin dien, lê 'n avontuur van ontdekking voor jou. Hoe meer jy jou lewe weggee, hoe meer sal jy dit vind. In die proses van diens, sal jy bewus word van gawes wat die Here aan jou gee en plekke waar Hy jou al hoe meer wil gebruik.
Elke gelowige is geroep om 'n verskil te maak. Jou storie, jou unieke persoonlikheid en jou talente - niks is toevallig nie.
​
Jou groei as unieke mens loop veral ook hand aan hand met hoe jy jouself beskikbaar maak om in die gemeente te begin dien. Paulus sê die gemeente is soos ’n liggaam, en jy is een van die ledemate.
1 Kor 12:12, 14-18
12Net soos die liggaam ’n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus… 14Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. 15As die voet sou sê: “Omdat ek nie ’n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. 16En as die oor sou sê: “Omdat ek nie ’n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede eweneens nie op om deel van die liggaam te wees nie. 17As die hele liggaam oog was, hoe sou hy kon hoor? En as die hele liggaam oor was, hoe sou hy kon ruik? 18Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê.
​
In hierdie afdeling volg leesmateriaal en videos oor jou roeping as unieke mens.