top of page

Volgende Tree:

MY PAD NA HEELHEID

Die groot rede dat jy van 'n stukkende Redder aan die kruis lees, is sodat jy 'n heel mens kan word. 'n Heel mens in jou diepste wese. Dis waarvoor Jesus sy lewe gegee het.

 

Deur jou verhouding met God kan Hy jou help om 'n heel mens te word in jou verhoudings met ander mense en ook in jou denke, emosies en liggaam.

 

Om Jesus te volg, is om die Groot Geneesheer te volg. Die Een wat tydens sy verblyf in hierdie wêreld kom wys het hoe God omgee vir stukkende mense.

 

Oorgawe aan Jesus beteken jy maak jou lewe oop sodat Hy jou die mens kan maak wat Hy wil hê jy moet wees. Hy restoureer jou, herbou jou as’t ware. 

 

Alle mense, gelowiges ook, kom weer en weer by krisisse. Daar is lewens-oorgange, verliese, teleurstellings en hartseer.  Jy kan God vertrou om jou te dra deur sulke tye.

 

Die hele Bybel is vol van verse soos die volgende,  wat ons verseker van God se begeerte om ons heel mense te maak:

 

Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan. (3 Joh 2)

 

May God himself, the God who makes everything holy and whole, make you holy and whole, put you together—spirit, soul, and body—and keep you fit for the coming of our Master, Jesus Christ. The One who called you is completely dependable. If he said it, he’ll do it! (1 Tes 5:23-24)

 

Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. (Luk 4:18-19)

 

Een  van die groot opdragte van Jesus is dat ons mekaar se laste moet dra. En Hy gebruik ander mense om saam met jou deur sulke tye te gaan. Neem vrymoedigheid om op die skakel hieronder te kliek indien jy wil gesels.

 

Op hierdie blad kan jy ook lees en na videos kyk om meer oor heelheid te leer. 

Eden Plus+

Deel 1 - Meer Info

Preke

Depressie?

LAG

Depressie

Angstig

Staan reg op

HUIL

Afguns

Woede

Bybel-leesplanne
Hierdie leesplanne kan gelees word op die YOUVERSION webtuiste of APP - Kliek HIER om af te laai 
Ander Bronne
bottom of page