top of page

Volgende Tree:

MY ROMANSE EN HUWELIK

Ons leef in 'n tyd waar die kultuur dikwels verskil van die Bybelse sieninge oor die huwelik en romanse.

Jy kan die Here vertrou om jou ook in hierdie aspek van jou reis 'n heel en vervulde mens te maak. Dit sal van jou vra om 'n pad te kies waarop jy wil wandel. 'n Seksuele pad wat sekerlik as die smal weg beskou kan word, waarop min kans sien om te wandel.

Volgelinge van Jesus het sóveel om te bied. Hoe anders kan hulle wat sê hulle ken die God van liefde dan nie as om 'n toonbeeld te wees van hoe die liefde van God hulle leer om in die mees intieme liefde gelukkig te wees nie?

Of jy die Here vertrou vir 'n lewensmaat, en of jy na toerusting soek om jou huwelik te verryk, jy kan met vrymoedigheid vertrou dat God se raad in die Skrif nooit oudmodies en uitgediend raak nie.

Omdat ons vir Christus soveel eerbied het, moet julle julle ook onderwerp aan mekaar. Vir die vroue wil ek sê: elke vrou moet haar stel onder haar man soos ons ons onder die Here stel. Want Christus is die Verlosser van sy kerk, wat ook sy liggaam is. En net soos Hy die Hoof van die kerk is wat beheer daaroor het, so is ’n man ook die hoof van sy vrou. Daarom moet ’n vrou in alle opsigte gehoorsaam wees aan haar man soos die gemeente aan Christus gehoorsaam is. Nou wil ek vir die mans ook sê: ’n man moet sy vrou liefhê net soos Christus die kerk liefgehad het en sy lewe gegee het om die kerk te red. 

(Ef 5:21-25 LB)

Op hierdie blad kan jy lees en na videos kyk om meer te leer oor verhoudings op pad na die huwelik, en oor die huwelik self.

Eden Plus+

Deel 1 - Meer Info

Preke

By die opsitkers

coming soon instagram post (Presentation (169)).jpg

Hou die spasie dop

Bybel-leesplanne
Hierdie leesplanne kan gelees word op die YOUVERSION webtuiste of APP - Kliek HIER om af te laai 
Ander Bronne
bottom of page