Volgende Tree:
MY SIRKEL VAN VRIENDE
Francis Schaeffer het gesê, "Our relationship with each other is the criterion the world uses to judge whether our message is truthful – Christian community is the final apologetic."
Spr 18:24
’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.
Hand 2:46-4
En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
Mat 18:19-20
As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
Joh 13:35
Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
Gal 6:2
Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
1 Tes 5:11 Amp
Therefore encourage (admonish, exhort) one another and edify (strengthen and build up) one another, just as you are doing.
​
'n Mens is nie gemaak om alleen te wees nie. Nie almal trou nie, maar elke mens moet voel hy het ander wat hom liefhet en saam met hom die wonderlike reis van die lewe meemaak.
In die klein kring van jou vriendskappe hoop ons jy het diep vertrouelinge, mentors, en ook gewoon goeie sosiale bande.
Jy kan ook in jou saamreis in die gemeente hegte vriendskappe smee. Een manier is om deel te word van 'n sirkel as dit jou behoefte is.​
In hierdie afdeling volg leesmateriaal en videos oor vriendskap en groepslewe. As jy meer inligting wil hê oor Sirkels in Eden Gemeente volg die skakel aan die einde van hierdie afdeling.