top of page

Welkom by jou 

VOLGENDE TREE

Untitled design-41.png

SAAM OP REIS

Die Bybel praat van gelowiges as pelgrims wat op die kortstondige reis van ons aardse lewe is. Ons aardse reis is inderdaad die begin van 'n baie langer reis - hoe ons reis tussen geboorte en begrafnis het ewige implikasies. Mense wat met wysheid deur hierdie lewe reis, laat God toe om hulle te vorm en verander soos Hy wil.

Daarom wil ons op 'n reis nader aan… wees. 

 

Nader aan God:

Ons wil deur ons oorgawe, toewyding en gehoorsaamheid groei in ons liefde vir Hom.  

 

Nader aan Betekenis:

Ons wil op 'n reis van ontdekking wees waar ons ons vermoëns, tyd en energie daaraan wy om God se doel met ons te bereik. Só wil ons eintlik saam met Hom op reis wees in dit wat Hy besig is om in hierdie stukkende wêreld te vermag.

Nader aan Mekaar:

Ons wil groei in hoe ons mekaar help om deur die vreugdes, drome, uitdagings en pyn van die lewe, mense van liefde, hoop en heelheid te word.

Ons hoop hierdie webblad kan jou help op jou reis. 

Untitled design-39.png

NADER AAN GOD

Strip-10.png

“There are no experts in the company of Jesus. We are all beginners.” 

Eugene Peterson

VOLG ONS:

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • Whatsapp
bottom of page